Steenbokskeerkring

Die rooi lyn dui die steenbokskeerkring aan.
Die plek waar die Steenbokskeerkring deur die Krugerwildtuin loop, op die hoofpad tussen Mopani en Shingwedzi
Die Steenbokskeerkring in Namibië

Die Steenbokskeerkring (Engels: Tropic of Capricorn) is 'n besondere breedtegraad wat op ongeveer 23½° S om die aarde strek (huidige ligging is: 23° 26′ 16″ S). Die naam is afgelei van die sterrebeeld Steenbok, 'n teken in die diereriem. Die Steenbokskeerkring word ook soms die suidelike keerkring genoem.

Die Steenbokskeerkring merk die suidelikste breedtegraad waarop die son eenmaal per jaar loodreg oor staan. Dit gebeur tydens die sonstilstand, ongeveer 22 Desember, en dui die middel van die somer in die Suidelike Halfrond aan.

Die Steenbokskeerkring loop deur die volgende lande (van wes na oos gelys):


Developed by StudentB